Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Mag Volksblad nog lank leef

Die nuus van Media24 se bloedlating, onder meer die sluiting van Volksblad as gedrukte koerant, was ’n opstopper teen die ken, hoewel nie heeltemal onverwags nie.

In Volksblad se eeufeesbundel, ’n Lewe van sy eie, het ek al versigtig die migrasie van papier na elektronika voorspel en die belangrikheid van ekonomiese volhoubaarheid beklemtoon. En bygevoeg: “Een van die gevare wat ’n koerant loop wat al 100 jaar oud is, is dat sy lesersprofiel al hoe ouer word. Namate hulle afsterf, sterf die koerant saam met hulle.”

Dit was toe al werklikhede waarmee ons moes werk.

Daardie koerantontwikkelinge het vinniger momentum gekry as wat ’n mens gehoop het. Die goeie nuus in hierdie tragiese verhaal is dat die daaglikse nuusdekking in elektroniese formaat voortgaan.

Geen onderneming kan ekonomiese volhoubaarheid bly systap nie. Gedrukte media wêreldwyd word toenemend die slagoffer daarvan.

Die insameling van akkurate, geloofwaardige en betroubare nuus is besonder duur.

Die groot uitdaging vorentoe is dus hoe die elektroniese weergawes van Media24 se publikasies ekonomies volhoubaar bedryf kan en gaan word.

’n Mens hou om verskeie lewensbelangrike redes styf duim vas daarvoor.

Intussen moet ons wat drukkersink in ons are het, die dood van ’n geliefde verwerk.

Volksblad is dood; lank lewe Volksblad.

Baie sterkte vorentoe. As “bejaarde” is ek reeds ingeburger in die digitale era en wat ’n wonderlike voorreg om elke dag soveel koerante te kan lees en alles wat Netwerk24 bied. Veral ons geliefde Volksblad.Steve B. Dis hartseer, maar hopelik is daar geleenthede en voorspoed vorentoe. Sterkte.

Meer oor:  My Stem  |  Koerante  |  Volksblad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.