Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Mag WB-glans die land verlig

Saam met derduisende Bok-ondersteuners straal ek oor die trots wat hulle terugbring na Suid-Afrika! Pragtige rolmodelle.

Eers was ek treurig omdat hulle nie die vaal, vernielde Vrystaat met hul teenwoordigheid kom vereer nie. Nou voel ek anders. Die pad van die Bloemfontein-lughawe – hetsy deur die duikweg of die Noordhoek-roete – is besaai met lang, verdroogde gras, rommel en onwelriekende stank wat jou motor inwaai.

Padwerke vernou die besige dubbelweë vir meer as twee weke. Daar is min werkers.

Is Bloemfontein nog die hoofstad(t) van die Vrystaat?

Ek gun nie die manne van die Groen-en-goud om na so ’n treurige provinsie te kom nie.

Die Vrystaters se harte bars van trots ná die opwindende oorwinning van ons Bok-manne in Japan. Mag jul goue glans ons gebroke land oplig en verlig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.