Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Malema-dilemma

Julius Malema se EFF-ontwrigters by die staatsrede het gewys wat sal gebeur as hulle aan die bewind sou kom.

Hul ontwrigtingstaktiek het ons parlement in die oë van die wêreld na narre laat lyk. Die wêreld en die meeste van ons in die land het geen respek vir ons parlement nie.

EFF-lede ontwrig die parlement.

Die ANC pluk nou die vrugte van dit waarmee hy self begin het. Hy het die waardigheid van die parlement afgebreek en nou wil hy waardig behandel word.

Die ANC as party verdien nie respek nie. As party het hy ons land afgebreek tot ’n mislukte staat.

Daar is individue in die parlement wat waardig optree en vir hulle het ons respek.

Die Malema-gees vind veral aanklank by die arm swart mense in ons land. Die populistiese manier om deur geweld te kry wat jy wil hê, gaan ons land verwoes.

Malema gebruik die demokrasie om die demokrasie af te breek om plek te maak vir ’n sosialistiese bestel.

Die ANC sit op twee stoele. Hy wil as ’n demokrasie gereken word, maar wil die land regeer met ’n sosialistiese ideologie.

Ons sit met ’n Malema-dilemma, wat ons land in chaos wil dompel. Malema glo die ou kommunistiese idee dat jy chaos moet bring om uiteindelik jou doelwitte te bereik en dan ’n land oor te neem. Dit is ’n leuen. As jy deur chaos aan die bewind kom, kan jy nooit die chaos in orde omskep nie.

Die Malema-dilemma moet stopgesit word. Malema en die EFF mag geen plek kry in ’n demokratiese bestel nie.

Meer oor:  Mystem  |  Julius Malema  |  Pravin Gordhan  |  Eff  |  Briewe  |  Staatsrede2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.