Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Malema laat politici, media na sy pype dans

Gee die duiwel sy eer; Julius Malema is ’n meesterlike politikus en weet wanneer om sekere kaarte te speel. Hy is tans nogmaals besig met sy strategie en dit werk elke keer vir hom!

’n Groot gewag word in die media gemaak van die EFF se gefuif en uitspattighede ten tyde van die staatsrede waar die “beskermers van die armste van die armes” eerder soos opperste kapitaliste opgetree het. Malema, uitgeslape politikus wat hy is, reageer dadelik met sensasionele uitsprake oor sy party wat sy steun aan ander partye in plaaslike owerhede terugtrek. En siedaar, die pers en feitlik die hele land sluk dit. Malema het pas wéér daarin geslaag om die fokus te verskuif. Let gerus daarop. Hy doen dit klokslag!

Maar, Julius, nie álmal in Suid-Afrika is onder ’n kalkoen uitgebroei nie . . .

Meer oor:  My Stem  |  Julius Malema
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.