SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
My Stem
Man en sy beste vriend ‘wag vir mekaar’

Ons was in Lesotho om te gaan ski.

Oudergewoonte het ek gekyk hoe my vrou en ons twee beste vriende teen die skihellings afrol, gly en val.

Inteendeel, dit was allesbehalwe ski.

Die een oggend vroeg was ek op pad na die kombuis om koffie te soek en kom op ’n baie bejaarde man en ’n nog meer bejaarde hond af wat saam na die sneeubedekte berge staan en kyk.

Die hond wankel letterlik op haar bene van ouderdom en ek soek woorde om vir die twee te sê. Al waaraan ek kon dink, was “she is a big dog, isn’t she?’’

Met deernis het die man oor die hond se kop gevryf terwyl sy met oë vol vertroue soos net ’n hond ’n mens kan vertrou na hom kyk terwyl die stertjie effens waai.

Sy woorde sal ek nooit vergeet nie. “I am waiting for her and she is waiting for me.”

My woorde was op, ek het net vir hom geknik, saggies sy arm gedruk en terwyl ek wegstap, het die ysige windjie die enkele traan op my wang laat vries.

Meer oor:  My Stem  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.