Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Mangaung-verhogings is skandelik en tragies

Mangaung se stadsbestuurder gaan volgens plan nou R3,08 miljoen per jaar verdien en ander departementshoofde tussen R2,5 miljoen en R3,09 miljoen. Dít vir mense wat die metro tot bankrotskap bestuur het.

Wat rook hierdie mense wat hierdie voorstelle in die raadsaal maak en dit goedkeur, en waar kry hulle hul rookgoed? Verstaan hulle nie wat dit is om onder administrasie te wees nie? Is hulle te arrogant om te besef hulle het ’n mislukking gemaak van die metro se bestuur en dat hulle nou soos skoolkinders moet leer hoe om dit reg te doen?

Was hulle in die private sektor, was hulle lankal gefire.

Maar nou sit hulle – saam met die finansiële bestuurder (R2,74 miljoen per jaar) wat moet pa staan vir die gemors met die geldsake – en besluit oor salarisverhogings.

Het die raad al gelees en gehoor van salarisverlagings van tot 70% in die private sektor? Lees hulle niks en luister hulle nooit nuus nie?

Die stadsbestuurder en departementshoofde verdien nie in normale tye verhogings nie, wat nog te sê in hierdie tyd van swaarkry. Hoe leef hulle met hul gewetes saam?

Terwyl 70% van die bevolking moet oorleef met minder as R3 000 per maand, wil hulle ’n minimum van R208 333 per maand hê. Dit is gelykstaande aan 70 van hul kiesers se maandelikse inkomste. Altesaam 95% van die inwoners van die Mo-theo-distrik weet nie wat is ’n motor-, huis-, reis-en-verblyftoelaag of ’n bonus nie, maar Mangaung se owerstes wil dit alles hê – sonder teenprestasie, sonder dienslewering en sonder empatie vir die inwoners.

Teen die naweek was die vuilgoedsakke van Dinsdag nog nie verwyder nie. Die paaie is steeds vol gate, die riool loop steeds in die riviere in en Mangaung betaal steeds nie sy rekenings nie, maar beplan en begroot vir salarisverhogings en tariefverhogings.

Dit is ’n skande, skande, skande! En tragies hartseer.

Meer oor:  Mangaung  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.