Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Marelize, hoe het tye nie verander

Die f-bom is verlede week volledig in ’n brief deur ’n wilde ouma van Darling laat val. En langs Pieter-Dirk Uys se brief verskyn een van Dave Beelders van Vasco.

Ek moet hierdie staaltjie in ironie deel. In die bedrukte 80’s het my pa ’n nutsman benodig vir verskeie take by ons vakansiehuis.

Tot ons geluk het ons van oom Dave gehoor en uitgevind sy hande staan vir niks verkeerd nie. Met sy skerp verstand het hy gou ’n belese gesinsvriend geword. Sy briewe het gereeld in Die Burger verskyn, gewoonlik kritiek op bekrompe politiek.

Elke dan en wan het oom Dave egter baie beswaard by ons aangekom nadat Die Burger geweier het om een van sy briewe te publiseer. ’n Goedgekose vloekwoord in die betrokke briewe het plasing voorkom en die publiek van verreikende insig ontneem.

My f*k, Marelize. Hoe het tye nie verander nie. Swets en die internet het uiteindelik die kunste en spraak bevry en mense leer opinies vorm, soos repliek op Uys se kuns bewys.

Meer oor:  My Stem  |  Pieter-Dirk Uys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.