Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Maties het nie nee gesê vir drank

Die opskrif “Maties sê nee vir drank in koshuise” (29.01) is ’n wanvoorstelling en ’n klap in die gesig van studente. Maties het nie nee gesê nie, want niemand het hulle gevra nie.

Die besluit is die uiteinde van ’n jare lange kruistog van Pieter Kloppers, direkteur van die Sentrum vir Studentegemeenskappe.

Sy sentrum het twee jaar gelede “vergeet” om aansoek te doen om die hernuwing van bestaande dranklisensies vir koshuise, ’n gebruik wat koshuisstudente toegelaat het om onder streng voorwaardes en toesig alkohol binne koshuise te gebruik.

Die inwerkingstelling van die nuwe reël het plaasgevind sonder enige sinvolle oorlegpleging met studente.

Dit is nie moeilik om te sien dat die gevolg daarvan gaan wees dat selfs studente wat net ’n gesellige bier of ’n glas wyn wil drink, nou slegs op die klubs en kroeë in die dorp aangewese is nie, onder meer die een waar Hannah Cornelius ’n paar jaar gelede ontvoer is.

Drankmisbruik (veral “binge drinking”) is ’n probleem. Die manier om dit te hanteer, is nie om eensydig drakoniese maat­reëls aan te kondig wat die teenoorgestelde uitwerking gaan hê nie, maar om saam met studente ’n werkbare oplossing te soek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.