Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Maties: Hierdie model verdien ondersteuning

Persoonlik kan ek eintlik nie bybly met al die hooggeleerde standpunte oor Afrikaans/Engels aan die Universiteit Stellenbosch (US) nie. Die skrywe van Phillip Spies (07.04), sy siening en in besonder die prakties verstaanbare model wat hy beskryf, verdien beslis ondersteuning.

Enige instelling, ook ’n openbare instelling soos die US, streef na ’n ideaal (Spies verwys na “toekomskoers”), wat gebruiklik op die een of ander wyse beliggaam word in aspekte soos visie, missie en verantwoording aan uiteenlopende belangegroepe.

Bestuur, ten einde die ideaal te verwesenlik, vereis ’n algemene en omvattende strategie wat alle aspekte en komponente van die instelling koördineer en vereenselwig. Dit poog dus om enige dominansie of versteuring van die bereiking van die ideaal deur ’n enkele aspek te verhoed. Kultuur is gewoonlik die saambindende faktor (Peter Drucker, soos aangehaal deur Spies).

Veranderinge in die omgewing waarbinne die instelling funksioneer, vind plaas oor ’n termyn en dit noodsaak dikwels ’n heroorweging van die ideaal.

Heel tereg, soos Spies stel, het die US reeds die institusionele keuse gedoen tussen Afrikaans en internasionale erkenning. Die inhoud van hierdie keuse, reg of verkeerd, is ’n ander debat.

Teen die bostaande, aanvaar as gegewe agtergrond, is taalbeleid dus bloot ’n moontlik hinderlike komponent of onderdeel, wat ’n bepaalde belangegroep verteenwoordig, in die bereiking van die reeds aanvaarde ideaal.

’n Mens wonder of die US reeds ’n behoorlike en onafhanklike studie gedoen het van alle belangegroepe (nie slegs alumni en kampuspeilings) en hulle geprioritiseer het volgens relatiewe magsinvloed (“power of impact”) en waarskynlikheid (“interest/likelihood”).

Sodanige navorsing behoort ’n aanduiding te gee van die mate van potensiële ontwrigting, al dan nie, wat die taalbeleid as faktor het om die strewe na die ideaal positief of negatief te beïnvloed. Dit gaan nie om deelname deur belangegroepe aan die taalbeleid as sodanig nie, maar wel oor hoe die bestuur dit probeer manipuleer (Spies se “oëverblindery”?) om aan te pas by die gekose ideaal.

Die US is duidelik reeds erg “verwagtend” en, soos Spies dit stel, die hergeboorte (bevalling?) moet nog net plaasvind. Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Afrikaans  |  Model
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.