Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Matrieks: Waar ’n wil is, is ’n weg

Toe ek so luister na die matriekuitslae en na die baie onderskeidings wat behaal is, asook na die stories van die leerlinge wat onsuksesvol was, het dit my ver laat terugdink.

Ek het weer gedink aan die dag toe ek self my matriek­uitslae ontvang het en moes lees dat ek nie matriekvrystelling gekry het nie.

Ek wou graag medies gaan studeer.

Dit was ’n pynlike ervaring. Ek het ses vakke gehad, wat Afrikaans, Engels, Duits, wiskunde en natuur- en skeikunde ingesluit het.

Ek is terug koshuis toe vir die hereksamen, maar was weer eens onsuksesvol.

Ek het vir my pa (nou reeds oorlede) gevra of dit nie maar ’n teken is dat ek moet kom boer nie; ons het op ’n plaas gebly.

Hy het my onmiddellik afgeraai en my steeds aangemoedig om nie tou op te gooi nie.

My ouers het my nooit verwyt nie.

Ek het hulle ’n jaar lank op die plaas gehelp en toe deur middel van die destydse Volks Korrespondensie Kollege (VKK) weer vir dieselfde ses vakke ingeskryf.

Aan die einde van daardie jaar het ek my nasionale matriek­eksamen met die nodige matriekvrystelling geslaag.

Ek het in die tussentyd besluit om regte te studeer en het my regsgraad aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal.

Ek het bedags gewerk (as ’n ingeskrewe klerk) en saans en naweke gestudeer.

Dit het baie verantwoordelikheid en baie opofferings geverg.

Ek is later toegelaat as prokureur en het 36 jaar lank geprak­tiseer en toe die tuig neergelê. Ek is tans amper 78 jaar oud en kan met groot dankbaarheid terugkyk op my lewenspad.

Ek hoop hierdie brief sal dien as inspirasie vir leerlinge wat nie suksesvol was in die matriekeksamen van 2019 nie.

Hulle moet nooit vergeet nie: Waar ’n wil is, is ’n weg.

Meer oor:  Matriekuitslae  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.