Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Max, dit kán helaas so aangaan

Ek verwys na “JZ-klagte moet nóú aandag kry” (17.10) deur Max du Preez en veral na sy opmerking: “Ons sien almal dié vergrype voor ons oë afspeel, maar ons kan maar net magteloos toekyk.”

Voorts meen Du Preez moet hoofregter Mogoeng Mogoeng en sy broers en susters op die bank dit ook besef. Mogoeng en sy span besef dit en het bevind pres. Jacob Zuma het die hoogste ampseed in die land verbreek en gelieg – maar ons kon maar net magteloos toekyk hoe daar niks met hom gebeur nie.

So het ons ook gekyk hoe min. Bathabile Dlamini die konstitusionele hof met ’n geweer teen die kop dwing om ’n ongeldige kontrak te verleng, al het die regter bevind sy het meineed gepleeg en is nie bekwaam om die pos te vul nie. Ons moes magteloos toekyk hoe niks met haar gebeur nie en boonop steeds magteloos toekyk hoe sy die middelvinger aan die hof wys en sorg dat Sassa nie uitbetalings kan doen soos die hof beveel het nie.

Ons moes magteloos toekyk hoe die regter en sy span die laaste tyd verskeie bevindings maak wat nie op die parlement of Zuma en sy kaders afgedwing kan word nie. Ons moes magteloos toekyk hoe die hoeveelste mosie van wantroue in Zuma verwerp word en die hoogste hof in die land – die mense wat magteloos toekyk se hof – absoluut niks daaraan kan doen nie. Wat is die doel van die konstitusionele hof of Mogoeng se bevindings, namens die wense van die burgers, as dit nie afgedwing kan word nie?

Dis mos nie demokrasie nie?

As Zuma hom tot die hof wend en adv. Shaun Abrahams besluit om nie te vervolg nie, wat is die nut van Du Preez se voorstel dat Zuma se saak dan so gou moontlik op die hofrol geplaas word?

Mogoeng en sy span is tandeloos. Du Preez se woorde “so kan dit nie aangaan nie” maak geen sin nie, want dit kan so aangaan. Ons is in werklikheid nie ’n demokrasie nie, maar - so maak Max se versie van “so kan dit nie angaan nie” geen sin nie want dit gaan so aangaan omdat in werklikheid ons nie ‘n demokrasie is niesit met ’n diktator en sy lakeie wat die staat gekaap het.

Meer oor:  Zuma  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.