Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Max leef soos ANC in apartheidsverlede

Max du Preez skryf in sy middelbladartikel “Net kru ras-nasionalisme” (12.06) onder meer: “Toe ek in die jare sestig op die Vrystaatse platteland grootgeword het, het ek die Swart Gevaar met my oggendpap ingekry.”

Op dieselfde trant borduur hy voort oor die apartheidsjare. In bykans elk van sy artikels moet hy, à la ANC, apartheid bysleep. Soos ’n grammofoon wat vasgehaak het. Soos die ANC leef hy in die verlede. Hy verwys ook na die kru boodskap van elke dominee en politikus wat hy indertyd moes aanhoor:

“Ons moet die barbare uithou, want hulle gaan ons verswelg.”

Ek het ’n paar vrae aan Max:

  • Waarom verlaat soveel wittes die land?
  • Hoeveel boere is sedert 1994 aangeval en vermoor?
  • Wanneer het hy al oor die uitsprake van Black First Land First geskryf?
  • Wat is die redes vir bankrot munisipaliteite en bankrot staatsentiteite?
  • Waarom is daar soveel protes en betogings?
  • Waarom sien ek nooit ’n witte wat betoog en klipgooi nie?
Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.