Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Max se bydrae is van waarde

Dat Max du Preez se rubriek "Skuinskyk" op sy versoek ten einde geloop het, skep die geleentheid om sy bydrae as meningsvormer te erken.

Hy het ’n bydrae gelewer wat kritiese gesprek gestimuleer het en baie mense, wit Afrikaners spesifiek, op ’n ánder en wyer manier kon laat omgaan met die werklikhede van ’n droewe erfenis. Met helder denke, ’n oop kop en medemenslikheid het hy sy lesers gelei om ’n regstelling te doen.

’n Stormram was hy wel soms, maar dankie vir die kraalhekke wat hy só kon platloop. Hy is in sy bepeinsing realisties en pragmaties, en sy kritiek is altyd oor die saak en die beginsel.

Dat hy sy integriteit as meningsvormer oor bykans 40 jaar kon volhou en geslaag het om ’n politieke bewustheid te skep waarin ook tred gehou word met mense se feilbaarheid, is ’n prestasie wat min hom kan nadoen.

Meer oor:  Amanda Botha  |  Max Du Preez  |  Skuinskyk  |  Mystem  |  Lesers Sê
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.