Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Mededinger vermoor, probleem so opgelos

Dat die taxibedryf gekenmerk word deur geweld en dikwels moord is welbekend.

Soos met baie ander dinge in Suid-Afrika word daar na eufemistiese verduidelikings en verskonings gegryp om die moorde in ’n sagter lig te stel.

En dieselfde geld vir geweld tydens protesoptogte.

Die betaalstelsels van taxi­bestuurders is een oorsaak, word geglo. Die taxibestuurder moet ’n sekere bedrag vir sy werkgewer verdien en daarna kan hy vir sy eie sak werk. Dit maak dat hulle baklei vir goeie winsgewende roetes. Maar verskoon en regverdig dit moord?

Hierdie moorde is niks anders as wreedaardige gedrag deur gewetenlose mense wat ander se lewens gering ag nie. Dit is dieselfde as wanneer ’n sjebien- of winkeleienaar ’n mededinger laat vermoor om sy klante te kry.

Hy maak nie ’n plan om meer mededingend te wees en ware goedkoper te lewer nie, hy maak die man dood. Die probleem is opgelos.

Daar is te veel mense in die land wat ander se lewens as niks werd nie beskou en daarom is daar 58 moorde per dag.

Meer oor:  My Stem  |  Taxigeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.