Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Mediese fondse moet aan lede begin dink

Oor Sarel Venter se brief “Siekefonds is agter die tyd” (24.10):

Ja, daar is mediese fondse wat uit die tyd is en nie logies dink nie.

Van wanneer af is dit kosmeties om jou kind se tande met draadjies te laat regmaak?

Moet die kind met skewe tande deur die lewe gaan of wag totdat dit so skeef is dat dit getrek moet word?

En as jy die mediese fonds skakel, moet jy altyd met mense praat wat min van jou as kliënt of die fonds self weet. Dit maak kommunikasie bitter moeilik.

Die fonds ken bedrae toe vir dienste wat die kliënt selde, indien ooit, gaan gebruik en bitter min geld vir dag-tot-dag-sorg, tandheelkunde of oogtoetse.

Dit is belaglik.

Dit vat maande om te hoor of daar toedelings geskuif kan word, nadat jy skriftelik daarvoor moes aansoek doen.

Die lid moet egter maandeliks betaal en soms enorme bedrae self opdok vir bybetalings en prosedures wat nie gedek word nie.

Fondse moet vir ’n slag aan hul lede dink en gaan kyk waarvoor lede eintlik geld nodig het.

Meer oor:  Mediese Fonds  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.