Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Melkprojek: Bravo vir ’n onafhanklike media

Ek verwys graag na Brandpunt “Só het ons melkspoor gevolg” (23.1) waarin die redakteur van Volksblad melding maak van dié koerant se rol in die Vrede-melkplaasskandaal en die Vrystaatse ANC en Gryptas se aandeel daarin.

Ek wil 100% krediet gee aan Volksblad se redaksie dat dié nuus gebreek is en gelei het tot die ondersoek daarna. ’n Mens kan maar net dankie sê die regering se eens beoogde drakoniese wet om inligting te beperk, nooit die paal gehaal het nie. Dink net as die inwoners van Suid-Afrika, die reeds swaarbelaste belastingbetalers, se geld maar net stil-stil in donker gate verdwyn.

Ek meen, dit is nou nie dat baie van die (regering se) projekte ’n rasende sukses is, en oop en bloot sigbaar raak nie. Inteendeel.

Dankie aan die media vir hul rol in Suid-Afrika om korrupsie en ander onheilighede klinies te onthul.

Nou kort Suid-Afrika nog net ’n doelgerigte vervolgingsgesag wat tot die bitter einde die korruptes sal vervolg. Bravo vir ’n onafhanklike media en baie sterkte.

Meer oor:  My Stem  |  Vrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.