Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Mening oor Pollard saai net onmin

Een van die uitsonderlike kenmerke van Siya Kolisi, die Springbok-kaptein, se kommentaar net nadat die Springbokke die Wêreldbeker-rugbytoernooi gewen het, asook op nuuskonferensies daarna, was sy pleidooi vir ’n verenigde en vooruitstrewende Suid-Afrika en dat alle Suid-Afrikaners moet saamwerk in dié verband.

Hy was deurgaans ’n toonbeeld van nederigheid en opregtheid. Dit is daarom uiters teleurstellend dat Gawie Greyling van Bloubergrant hom nie daarvan kon weerhou om die rassekaart te speel in sy brief oor Handré Pollard nie (“Het almal van Pollard vergeet?”, 11.11).

Behalwe dat dit normale gebruik is dat hoofsaaklik die kaptein en afrigter nuuskonferensies toespreek, is dit in elk geval te betwyfel of Pollard deel van die nuuskonferensies sou wou wees.

Dit was net ná die wedstryd al duidelik dat hy ongemak en pyn verduur weens sy ernstige gesigbesering.

Hy het hom dus ook onttrek aan die Springbokke se oorwinningstoer deur die land, en is in die hospitaal opgeneem vir ’n operasie aan sy gesig.

Om nou Pollard se witheid as ’n faktor vir sy afwesigheid op die nuuskonferensies te beskou, is absurd en dien bloot om verdeeldheid in ons land te bevorder tot nadeel van alle inwoners van Suid-Afrika.

Meer oor:  Siya Kolisi  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.