Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Mense moet leer spel en taal korrek gebruik

Ons lees gereeld dat leerlinge in gr. 4 nog sukkel om te lees en skryf.

Ek weet nie wat die rede is nie, maar kinders leer mos nie meer klanke nie en moet soms nog in ’n ander taal as hul moedertaal werk.

Dit is egter nie net skoolkinders wat daardie probleem het nie.

Ek sien daagliks in sosiale blaaie hoe sommige mense woorde verkeerd spel. Dit kan dalk wees omdat iemand tog so graag iets in Engels, wat nie sy of haar huistaal is nie, wil skryf en dan flaters begaan.

’n Paar woorde wat gereeld verkeerd gespel of gebruik word, is die volgende: “their” in plaas van “there” en andersom; en “road” in plaas van “rode” en andersom. Met Afrikaanse woorde gaan dit nie veel beter nie. Die jongste wat ek gesien het is “uitkeik” in plaas van “uitkyk”.

Ons leef in ’n era waar almal en alles na Engels neig. Is dit regtig nodig dat mense wat in Afrikaans grootgeword het en goeie Afrikaans skryf en praat, nou die mooi taal met spelfoute ontsier? En erger nog, die Engelse woordeskat skade berokken deur woorde verkeerd te gebruik?

Ek is g’n taalkundige nie, maar kan darem dadelik sien wanneer ’n woord verkeerd gespel is. Juis omdat Afrikaans so bedreig word, moet Afrikaanssprekendes nie die taal skade aandoen deur eenvoudige woorde verkeerd te spel of te gebruik nie.

Meer oor:  Taal  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.