Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Mense verkrag neus en oog met hul gedrag

Ek het die gewoonte om gereeld ná werk langs die see in die Strand te gaan stap.

Dis veral heerlik om die vars seelug in te adem en ’n mens voel sommer weer lus vir die lewe ná ’n dag se gestoeiery met die uitdagings wat deur die werksverpligtinge aan jou opgedring word. Maar daar stop die heerlike seereuke . . .

Ek loop verby een van daardie sitplekhokkies op die sypaadjie. En die stank van ou urine slaan alles wat lekker ruik, skoonveld weg. By party van hulle kry jy ook die sieklike reuk van die volgende trap.

Dis nie net by sulke plekkies nie. Lyk my kitsbanke is een van die voorkeur-gaatjies waar die natuur roep vir aksie. Het ook al by supermarkte en ander winkels die sterk reuk van ou chloor ondervind.

Nou ry ek met my karretjie langs oop velde en daar staan oompie, ongeag wie sien en wie nie sien nie, skaamte uit en straaltjie loop.

Of ek ry Kaapstad toe en beland in die trapsuutjieverkeer en ’n bakkie trek voor my van die pad af, meneer klim uit en maak net daar langs die pad broek los. Nommer twee ten aanskoue van al wat ’n padgebruiker is.

Of ’n vragmotor stop net daar in die middel van ’n baan en kyk jou veragtend aan terwyl hy ontslae raak van wat hy ook al gedrink het, sommer net daar langs die oop vragmotordeur.

En dan is daar ook die manne wat teen mure, bome, lamppale en teen wie weet wat nog hul natuurbehoeftes bevredig. Hulle doen nie eens moeite om darem dinge so ’n bietjie onopsigtelik te doen nie.

Maar die ergste vir my is wanneer ek langs die see stap en die neusverkragtende reuke weef hulleself so tussen die heerlike vars seereuke deur.

Meer oor:  Mystem  |  Brief  |  Urine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.