Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Met gee toon ek my dankbaarheid

’n Mens kry hulle oral: by verkeersligte, langs die straat, by parkeerplekke en langs die see wanneer jy gaan stap. Smekend, hande pleitend na jou uitgehou, hopend dat ietsie uit jou sak daarin sal beland.

Party is voor op die wa en klop hard teen die motor se ruit. Desperaat. Dan is daar die gryskoppe wat maar net staan en bakhandjie hou. Staan net daar.

Armoede het nie genade nie. Ouderdom, geslag, ras, geloof, dit maak nie saak nie. As armoede jou vat, dan vat hy jou. En as dit jou beet het en jy beland op die grond, dan kry jy boonop nog ’n paar skoppe in die ribbe ook.

Daar is diegene wat jou kwalik neem as jy dit durf om ’n ietsie in ’n bakhand te stop. Volgens hierdie hardvogtige mense sal die bedelaar glo die ietsie vat en dwelms of drank gaan koop.

Ek is een van die gelukkige mense wat geseënd is met ’n leefbare aftree-inkomste.

Dit is vir my onbeskryflik tragies om hierdie ongelukkige mense so langs my daaglikse pad te sien. Dit traak my nie wat hulle met die fooitjie doen nie.

As ’n uiters geseënde mens wat bly in ’n land wat elke dag armer word, is die ietsie wat ek kan gee, ’n klein poginkie om my dankbaarheid te toon aan Hom wat my van dag tot dag oorvloediglik versorg.

Ek verwag niks terug nie.

Meer oor:  Armoede  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.