Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Met ’n Afrikabeker kan die Bokke dalk weer wen

Hier is my voorstel hoe om die Springbokke weer internasionaal aan die wenkant te kry: Saru­ neem die voortou om ’n Afrikabeker in rugby te skep, à la die sokker-ene waarom Bafana-Bafana nie altyd met onderskeiding nie meeding. Ons noem dit die Ubuntubeker.

Ons speel dan teen Zimbabwe, Namibië, Botswana, Kenia, dalk Swaziland, en enkele ander. Lesotho kan ook oorweeg word. Sy span kan versterk word deur leenspelers uit die sg. Verowerde Gebied. Ons maak ons leë sta­dions weer stadigaan vol deur busvragte ondersteuners van hul spanne uit buurstate te bring. Gratis T-hemde word aan elke toeskouer uitgedeel. Die Kwota-stelsel word laat vaar. Wit spelers kry hul eie alternatiewe geleenthede. Afrikaspanne kan bv. litte losmaak teen spanne van die “white tribe of Africa”, soos die Bokke destyds in Nieu-Seeland teen Maorispanne gespeel het. Die wenners drink agterna sorghumbier uit die Ubuntubeker. Alle sorg(h)e van die oomblik is op ’n einde . . . QED.

Meer oor:  Bokke  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.