Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Met nederigheid word respek verdien

Ek was in 1988 as jong huisdokter werksaam by 1 Militêre Hospitaal.

Ek wil graag dié staaltjie, wat daardie tyd rondvertel is, deel oor die legendariese genl. Constand Viljoen.

Een Satermiddag stop daar ’n motor op die burgerlike parkeerterrein en ’n man in “civvies” loop by die hospitaal in, gaan op met die hyser om ’n pasiënt wat daar lê te besoek.

In ’n stadium herken iemand die besoeker as niemand anders nie as die hoof van die SA Weermag, genl. Viljoen. Net soos dit in die weermag kan skarrel, is dit toe chaos.

Baie vinnig is die brigadier in bevel van die hospitaal, asook die geneesheer-generaal en etlike ander, met baie silwerware op die skouers, daar om uit te vind wat dan nou in 1 Mil skort.

Genl. Viljoen se seun, daardie tyd ’n jong offisier, is daar opgeneem en sy pa het bloot vir hom kom kuier tydens besoekure. Genl. Viljoen het toe al die “brass” gerusgestel dat alles vlot verloop in 1 Mil, dat hulle maar verder kon aangaan met hul Satermiddag en dat geen verdere formaliteite nodig was nie.

Dit was nog altyd vir my een van die mooiste voorbeelde van iemand wat sy mag kon gebruik, maar gekies het om nederig en plat op die aarde te wees. Dit is hoe respek verdien word.

Genl. Viljoen, rus sag, jy verdien jou saluut.

Meer oor:  Constand Viljoen  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.