Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Met sulke rugby lok WP niemand

John Dobson, afrigter van die WP-rugbyspan, vra ’n Currie­beker-reeks oor twee rondes.

Ná verlede Saterdag se geploeter teen die Haaie sien ek nie eens kans om verder die huidige ronde te volg nie – wat nog te sê ses bykomende wedstryde.

Komaan, Dobson, julle moet iets doen om die skares na Nuweland terug te lok.

Die onbeholpe agterspel is presies dieselfde as wat die Stormpies pal opdis. Dit lyk my daar is meer voorspelers as agterspelers in die agterlyn.

Ek was destyds mal oor Carel du Plessis, maar sy seun hoort nie in ’n provinsiale span nie. Hy het vanjaar op sy eie die Stormers en WP al meer wedstryde gekos as die res van die ploeteraars.

Die beste losskakel in die WP is Jordan Chait van Maties, maar sy aanvallende vermoë sal nie inpas by die patroon nie.

Hoe sal die stutte en slotte in die agterlyn kan byhou as hy gapings slaan? Die senters ken ook net een pad en dít is kop omlaag reguit in die eerste en beste teenstander vas.

Waarom word twee vleuels nog gekies? Sekerlik nie vir hul vermoë op die aanval nie, en ook nie vir hul spoed nie. Kies dan maar karperde wat goed kan verdedig en laat Seabelo Senatla weer vir die Blitsbokke speel.

Die WP is tans beslis die enigste span wat geen vooraf uitgewerkte bewegings het nie. Geen agter­speler, veral die heelagter, sny op spoed in die agterlyn in nie.

Ek het al verskeie kere probeer om naweke nie rugby te kyk nie, maar kry dit net nie reg nie. As ek my kom kry, sit ek al weer vol verwagting voor die TV-skerm. Ek sal graag nie bykans elke Saterdagaand sooibrand wil hê nie.

Komaan, Dobson, julle moet iets doen om die skares na Nuweland terug te lok. Met die soort rugby wat julle tans opdis, gaan die 9 000 wat dalk kom kyk, elke Saterdag net minder en minder word.

Meer oor:  John Dobson  |  Briewe  |  Afrigter  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.