Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Min. Cele, kan ons u nog vertrou?

Die nasionale polisiekommissaris skors sy adjunk ná bewerings oor haar betrokkenheid by misdade, wat glo korrupsie en bedrog insluit. Op middelvlak word beweer dat die vermoorde lt.kol. Charl Kinnear nie sy mede-offisiere kon vertrou nie. In Senekal word beweer dat polisielede op grondvlak kop in een mus met vermeende veediewe is. “Innocent until proven guilty” klink gereeld op.

Wanneer gaan u iets doen om hierdie onaanvaarbare situasie reg te stel, min. Bheki Cele? Is u nie aangestel om alle landsburgers van ’n betroubare polisiediens te voorsien nie? Kan ons u nog vertrou?

My hart gaan uit na die vele eerlike polisiebeamptes. Dit moet hartverskeurend wees om onder sulke omstandighede diens te doen.

Meer oor:  Bheki Cele  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.