Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ministers droom in weelde

Dit is met ’n gevoel van genot en ’n diepe dankbaarheid dat ek lees dat daar so mooi omgesien word na ons moeë en oorwerkte ministerskorps.

Luidens die berigte is daar net in Gauteng vir “van die huise” van ministers twee koningsgrootte beddens en twee enkelbeddens teen sowat R87 381 gekoop.

Dis mos reg so ja! ’n Minister het mos baie stres en uitdagings en hy of sy verdien seker om laatnag, ná ’n harde dag by die “werk”, sag weg te dommel.

Of hoe?

Maar, dan lees ’n mens in dieselfde berig dié kroonwild het ’n agterstallige huurgeld van R1,2 miljoen.

En dít terwyl die ministers ’n skamele huur van tussen R988,90 en R1 200 per maand betaal.

Verreken dit asseblief teen hul vet salarisse.

Daar word egter gou verduidelik dat dit ’n “stelselprobleem” is.

Maar is die ministers dan so besig met, of is hulle dalk so onkundig oor hul begrotings dat hulle nie agterkom die huur word nie reg verhaal nie?

Of is dit maar net weer eens ’n geval van “julle skuld ons”.

Basta!

Ek wil liefs nie uitwei oor die miljarde rande wat bestee word aan die hoë instandhoudingskoste nie.

Ek kan maar net hoop die ministers dra kennis daarvan en is nie so onkundig daaroor soos ons opkomende popster, Jacob Zuma, oor die verbeteringe wat by sy Nkandla-woning gedoen is nie.

Zuma gaan mos nou ’n bundel van struggle-liedjies opneem. Kan sy agent hom nie oorreed om ook wiegeliedjies te sing nie, asseblief?

Met ’n gratis kopie aan elke minister as hy of sy saans in die duur bed wegsak op pad na droomland.

Gaan “Vader Jakob” ook opgeneem word?

En intussen slaap miljoene ANC-ondersteuners op die grond in haglike toestande, maar die ministers droom in weelde voort.

Oppas as die droom ’n nagmerrie word.

Meer oor:  My Stem  |  Ministers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.