Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Misdaad is werklik niks nuuts nie

’n Mens hoor dikwels hoe daar veroordelend gepraat word van die gevaarlike omstandighede waarin ons in Suid-Afrika leef met moorde, verkragtings, rooftogte en ’n legio ander misdade.

Dan wonder jy onwillekeurig hoe die omstandighede in ons mooi land só drasties kon verander het oor só ’n kort tydjie.

Dis asof die deure van ongeregtigheid oopgegaan en hebsug en gierigheid ’n lewenswyse geword het.

Oral klink vermanings op dat negatiwiteit nie die oplossing is nie en dat ons liewer op die positiewe moet fokus. Dit raak egter al moeiliker wanneer dit duidelik raak dat die skaal van positiewe aspekte geen invloed het op die omstandighede nie, en dat die opgelegde strawwe geensins as ’n afskrikmiddel dien nie.

Ek wil verskil van “kenners” wat beweer dat die doodstraf nie ’n afskrikmiddel is nie en dat geen bewyse bestaan dat die doodstraf ’n afname in halsmisdade tot gevolg het nie.

Dit is egter duidelik dat niks onder die son as “nuut” beskryf kan word nie.

In Lukas 10 word daar verwys na “die barmhartige Samaritaan” wat iemand gehelp het wat beroof was. En hoewel dit as ’n gelykenis opgeteken is, moet die blote verwysing daarna daarop dui dat sulke aanvalle wel plaasgevind het.

Al wesenlike verskil was dat daar 2 000 jaar gelede nie vuurwapens was wat in aanvalle gebruik is nie, en ook nie duursame elektroniese goedere wat gebuit en verkoop kon word nie.

Meer oor:  My Stem  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.