Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Mmusi Maimane baie werd vir DA

Dit is duidelik dat die DA geen idee het hoe waardevol Mmusi Maimane vir die party is nie. Hy word net nie reg aangewend nie.

Stuur hom uit as die gesig van die party om elke dag dissipels te werf. Dissipels werf dan weer verder aanhangers, en die gevolg groei eksponensieel.

Ek stel voor hy gaan vyf dae per week na ’n gewone lid van die publiek. Hy en sy gevolg doen navraag wat daardie persoon pla, en reggestel kan word. Dit kan wissel van ’n oop mangat tot ’n oorgroeide parkie. Elke dag word een kieser se probleem opgelos voor die son sak.

Doen dit vir ’n jaar en Mmusi se dissipels sal derduisende wees! Mense praat. Die DA sal geloofwaardigheid kry. Dade, al is dit hoe klein, tel.

Meer oor:  Mmusi Maimane  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.