Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moenie Afrikaans as gegewe aanvaar

Terwyl daar soveel meer belangrike dinge is wat in hierdie land aandag nodig het, woed die stryd om die behoud van Afrikaans en moedertaalonderrig voort.

Ek was beïndruk met dr. Ria Smuts se betoog in ’n Sondagkoerant onder die opskrif “US is ’n eeu se lojaliteit kwyt – en my erfgeld”. Dit is inderdaad so dat jou taal nie bloot ’n kommunikasiemiddel is nie, maar ook die draer van jou menswees. Waarom sou die regering dit wil vernietig?

Die poging om Afrikaans in skole en universiteite as voertaal te behou, is en was nog altyd net die een kant van die muntstuk. Die vraag is hoe gaan ons as verbruikers van hierdie mooi taal daarmee om?

TV-programme soos Super­rugby vermy ek. Die algemene taalgebruik deur deelnemers is niks minder as skokkend nie. In programme soos 7de Laan word ons gekonfronteer met akteurs wat in ’n swart taal met mekaar praat – dit in ’n tradisioneel Afrikaanse program?

Luister ’n slag wanneer jong mense met mekaar in Afrikaans praat – jy moet kophou om die trant van die gesprek te volg.

Ons veg al jare om die behoud van ons moedertaal en ek wil glo dat hierdie geveg nie sommer môre bes gegee gaan word nie.

Daar is ’n enorme verantwoordelikheid op ons, veral die jeug, om so iets van die puriste aan te neem en dit deel van ons daaglikse praat te maak. Só sal ons Afrikaans lewendig hou, al is die aanslag fel. Jy trek mos nie iets wat jy lief voor is, deur die modder nie. Dit is ’n voorreg om Afrikaans te praat. Koester dit en aanvaar dit nie as ’n gegewe nie.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Afrikaans  |  Moedertaalonderrig  |  Moedertaal  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.