Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moenie Afrikaans in die voet skiet

Leopold Scholtz se skrywes ontlok gewoonlik óf kritiek óf lof. As geskiedkundige het hy byna geen gelyke nie en hy is by uitstek kampvegter vir Afrikaans.

Sy besorgdheid oor Afrikaans op Stellenbosch is vars in die geheue. Sy vrese is bewaarheid: Afrikaans verloor stelselmatig sy hoër akademiese funksie.

Lynreg teenoor Scholtz se stellings gryp akademici na strooihalms. Politieke wetenskaplikes en filosowe wat as linguiste ontpop het, dra met ’n retoriese gebrabbel by tot die ongelukkige status quo. Dis ’n klap in die gesig van elke Afrikaanse leerling.

Scholtz het dit teen prof. Jonathan Jansen en ander wat nie sterk genoeg vir Afrikaans opkom nie.

Maar Jansen sê (27.07) sy sienings is gegrond op ’n realistiese ontleding. Goed en wel, maar daar is honderde ander wat die saak realisties ontleed. Wie is reg en wie is verkeerd?

Afrikaans is onder druk. Realistiese ontledings wat politiek en sentimente bysleep, help nie die taal nie. Swaargewigte moet hulle liefs daarvan weerhou om Afrikaans met welluidende retoriek in die voet te skiet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.