Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moenie alle verbruikers onder dieselfde kam skeer

Die berig "Salaris is op 5 dae na dit inbetaal is" het my rooi laat sien.

Vind eerder uit hoeveel keer die mense salarisverhogings gekry het sedert hulle by 'n maatskappy of onderneming begin werk het. Ek praat van private maatskappye en nie staatsinstellings nie.

Vind uit hoeveel mense se mediese of lopende uitgawes duurder geword het en deur verhogings opgeslurp is.

Dit maak 'n mens woedend as jy sien dat mense dinge sê en skryf op grond van bankstatistieke wat die prentjie heeltemal skeef trek.

Dan word daar verwys na die verbruiker wat hul skuld sleg bestuur. Werklik?

Ek is een van die Suid-Afrikaners wat sedert 2011 nog net twee verhogings gekry het. As ek geaffektteer is, wat verhoed dat baie ander mense ook in dieselfde bootjie is.

Mense moenie die verbruiker die skuld gee nie, maar eerder kyk hoe staatskaping die verbruiker benadeel het.

Mense bestee hul salaris op noodsaaklikhede, soos beshuising, water, sanitasie, krag en onderhoud, kos, klere, vervoer en opvoeding (skoolfooie, klere, boeke, busvervoer).

En die ergste daarvan is dat ons gedurig nog keuses moet maak oor wat ons kan koop of nie. Ons leef om ander te dien met ons salaris.

Vakansie is nie meer ter sprake nie. Ons oorleef net...

Meer oor:  Veronica  |  Gordonsbaai  |  Brief  |  Mystem  |  Verbruikers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.