Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moenie dat wit skuld jou onderkry

Dit was nie vir my maklik om die digter Danie Marais se rubriek oor wit mans in Saterdag se Beeld te lees nie.

In sekere dele klink dit asof hy ongemaklik voel om ’n wit man in die land te wees.

Aan alle mans, veral die jonger geslag, wat dalk ook voel dat hulle nie ’n plek in Suid-Afrika het nie, wil ek graag die volgende sê: Daar is geen rede waarom julle skuldig hoef te voel omdat julle meer bevoorreg is nie. Jou ouers het hard gewerk om jou in die posisie te kon plaas, al was dit in die tyd toe swart mense nie dieselfde geleenthede gehad het nie.

Jy self werk vandag ook nog hard om jou ekonomiese posisie te handhaaf.

Daarop stem ek ook nie saam met die sanger Bouwer Bosch se verskoning vir apartheid nie.

Ek wil graag weet: Watter aandeel het hy gehad in die sondes van die verlede dat hy nou daarvoor verskoning wil vra?

Somtyds voel ek swart mense oorbeklemtoon die onderdrukking van die vorige bedeling. As ek kyk na die Engelse se onderdrukking van die Afrikaner, dan het Afrikaanse wit mense dit ook nie altyd te maklik gehad nie.

Ons het vir seker baie om op trots te wees en somtyds vergeet ons dit.

Ons laat die konstante verwysing na die ou bedeling die oorhand kry.

Ek wil ’n beroep doen op alle jong wit mense: Moenie dat jou skuldgevoelens jou laat dink jy het nie ’n plek in die land nie.

Glo in jouself, maar met nederigheid. Jy sal nie baat vind deur hoogmoedig en arrogant te wees nie, soos wat ons gereeld in die media uitgebeeld word. Staan regop, kyk wes en doen jou bes.

Moenie toelaat dat mense jou intimideer nie.

Ek besef dit is moeilik in die huidige bedeling, maar waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Baie sterkte aan almal wat kans sien vir die uitdaging.

Vir dié wat aanhou kla en ­negatief is, kan ek maar net sê: Ek kry julle jammer.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Danie Marais
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.