Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moenie feite met rassisme-kwas toesmeer

Oor die rubrieke van Anton van Niekerk (16.03) en Nico Koopman (17.03) wil ek reageer met die vraag: Is dit rassisties om te praat oor kleur?

Kleur is tog ’n etniese werklikheid. Kleur word rassisties wanneer een kleurgroep hom meerderwaardig aanstel bo ’n ander kleurgroep, mense met ’n ander kleur skelname gegee word en mense van ’n ander kleur onderdruk word en selfs onder geweld gebuk gaan.

Die velkleur van mense is deel van die natuur en moet gere­spekteer word.

Dit is tog nie rassisties om te praat oor swart, wit of bruin mense wat op een of ander manier presteer het of vir ons na-sionale spanne gekies is nie, of van soveel wit of swart mense wat in ’n ongeluk was nie.

Die probleem kom wanneer gepraat word oor swart mense wat wit mense op ’n plaas vermoor of swart mense wat geroof het. Daar is blykbaar nie ’n probleem as daar verslag gedoen word oor ’n witte wat ’n misdaad gepleeg het nie.

Wanneer in sport gepraat word oor kwotas, blyk daar geen probleem te wees met die noem van kleur nie. Wanneer daar te veel wit mense betrokke is in ’n sekere sportsoort word dit nie gesien as rassisties nie.

Ek voel daar moet gepraat en berig word en statistieke wees oor ras en kleur. Dit is korrekte beriggewing. Ons moenie met die kwas van rassisme ware feite toesmeer nie.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.