Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moenie kla as jy ’n selfoon besit

Mense moenie vir my sê dat hulle finansieel swaarkry nie, want ek sien hoe hulle almal met duur selfone rondloop en bel of teksboodskappe stuur.

Tot bedelaars by verkeersligte het selfone by hulle, en gebruik dit.

Ek weet hoe duur dit is om ’n nuwe selfoon te besit en gedurig te gebruik, en wat dit kos om ’n selfoonkontrak te hê of lugtyd te koop volgens die voorafbetaalstelsel.

Indien jy ’n selfoon kan bekostig, is jy nie arm nie en sukkel jy nie finansieel nie.

Ek besit ’n selfoon, maar dit is net vir noodgevalle indien ek êrens ry en my motor dalk onklaar raak.

Ek koop lugtyd volgens die voorafbetaalstelsel en koop slegs R55 se tyd per jaar. My selfoon kos my dus net R4,58 per maand. Partykeer hou my R55 meer as ’n jaar.

So, moenie kla dat jy swaarkry nie. Indien jy een van die nuwe selfone besit en gebruik, kry jy nie swaar nie. Daar is mense wat nie eens kos het om te eet nie – dis húlle wat swaarkry.

Meer oor:  My Stem  |  Selfone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.