Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moenie kwotaperd so vinnig opsaal

Johan Bruwer van Knysna spring na my mening te vinnig op die kwotaperd as rede vir die Proteas se gesukkel.

Ek dink die gemors en chaos wat tans in die bestuur van Krieket Suid-Afrika heers met geskorste beamptes en ’n mags­behepte uitvoerende hoof in Thabang Moroe, is eerder die rede vir die Proteas se gesukkel.

Terloops, BJ Watling en Marnus Labuschagne (wat tans vir hul nuwe oorsese spanne sulke kookwater krieket speel) het nie die land as gevolg van kwotas verlaat nie.

Albei het die land as tienjarige seuns saam met hul families verlaat. Hulle het dus die grootste gedeelte van hul krieketloop­bane in onderskeidelik Nieu-Seeland en Australië bestee.

Meer oor:  Thabang Moroe  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.