Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moenie ’n ou tradisie diskrediteer

Hoewel Stephen Nell homself in sy rubriek op 8 deser probeer verontskuldig deur te sê die rubriek is nie op enige geleentheid spesifiek gerig nie, kan ’n mens moeilik tot ’n ander slotsom kom as dat sy tydsberekening daarop gemik was om die Paarlse interskole, ’n 102 jaar oue tradisie, te diskrediteer. Daar is verskeie verwysings na verlede Saterdag se wedstryd in die Paarl.

Die laakbaarste was miskien die suggestie dat skolespelers vir die gebruik van verbode middels getoets moet word. Onder normale omstandighede moet ’n mens daarmee saamstem, maar dit is darem net te toevallig dat dit na afloop van hierdie wedstryd gemaak is waarin daar van die mooiste rugby gesien is wat nog vanjaar op TV uitgesaai is.

Meer oor:  My Stem  |  Interskole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.