Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moenie sommer afleidings maak

Johan van Wyk, wat bedoel jy in Van Alle Kante (12.03) met “Nie ’n kwaai oujongnooi-matrone nie”? Dat alle matrones oujongnooiens is? Dat alle matrones kwaai is? Dat alle oujongnooiens kwaai is?

Neem tog kennis dat vele vroue vandag verkies om enkellopend te bly, ’n uitstekende beroep te volg en hulle te kan uitleef sonder die dikwelse beslommernis van ’n gesin. Hulle is nie alleen nie, het baie vriende, en wanneer dié se gesinsprobleme vir hulle te veel word, kan hulle rustig na hul eie woning terugkeer of oorsee gaan rondrits.

Ander VAK-skrywers moet tog ook onthou dat lesers dikwels dieselfde ervarings as hulle beleef, maar dit nie aan die groot klok hang nie.

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.