Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moet nageslag ook om verskoning vra?

Ek verwys na Gert van der Westhuizen se “Kennis help niks onder die maatemmer” (10.06) waarin hy Dawie Jacobs, gereelde briefskrywer en nou ook boekskrywer, se lewensbeskouing uiteensit.

Waaroor Jacobs duidelik eintlik obsessief is, is dat apartheid gesien moet word as ’n misdaad teen die mensdom en dat wit Suid-Afrikaners platforms moet skep om opreg om verskoning te vra vir apartheid. En wat dink Jacobs van die misdadigers se nageslag – moet hulle ook om verskoning vra?

Jacobs sê dat waar hy as diplomaat ook al in die wêreld gegaan het, het mense die apartheidstelsel verdoem en dié wat dit bedryf het as misdadigers beskou. Hy soek ook ware versoening en wil hê wit mense moet uitreik na die slagoffers van apartheid. Ek wil byvoeg dat verskoning en versoening opreg en innig moet wees.

Waaroor Jacobs ook besonder sterk voel, is dat wit mense meer beskeie moet wees en ook nie neersien op swart mense nie. ’n Meerwaardige houding maak hulle seer en beduiwel natuurlik versoening. Versoening moet ’n leefwyse word, reken hy.

En wat dink hy van wit mense se kritiek op die afgelope 27 jaar se bestuur deur ’n swart regering – wanbestuur, wanbesteding, staatskaping asook grootskaalse bedrog en korrupsie? Hy is wel van mening dat die regering gekritiseer mag word, maar nie met ’n meerwaardige houding asof van ’n preekstoel af nie. Nederigheid is uiters noodsaaklik vir versoening.

Jacobs sal waarskynlik hewige kritiek kry van sommige mense wat sy boek lees, maar ek glo hy sal soos gewoonlik sy briesende kritici ignoreer, onverstoord sy briewe skryf en versoening en nederigheid beklemtoon.

  • Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.
Meer oor:  Izak Bergh  |  Marchand  |  Boeke  |  Apartheid  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.