Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moet uitnemendheid dan ook nou verdwyn?

Meer as ooit tevore is mense deesdae blootgestel aan kenners se eensydigheid en eiewyse (opinionated) slimmerds se ongegronde uitlatings oor alles en nog wat.

Daarby kom nog ook die halfingeligtes se simplistiese kommentaar oor komplekse aangeleenthede.

Hierteenoor was daar Leopold Scholtz se rubriek “Sake van die dag” in Die Burger van Donderdae.

Watter toevlug was dit nie vir lesers op soek na ewewigtigheid nie. Hierdie vermaarde historikus en gesoute joernalis se oordeelkundige benadering tot die plaaslike en internasionale aktualiteit het ’n mens altyd tot vrugbare nadenke gestem.

En toe moes ons uit die bloute verneem dat sy rubriek terstond gestaak word, en dat dit nie sy keuse was nie.

Dit laat by my die volgende vraag: Moet uitnemendheid ook nou verdwyn in die geroesemoes van moderne kommunikasie?

Meer oor:  Leopold Scholtz  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.