Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moet wit mense altyd ‘reg’ wees?

Vertel Naas le Roux se video die volle storie?

Dit maak my woedend, want ek is die man wat wel volgende keer by voorbaat as ’n rassistiese “whitey” beskou en dienooreenkomstig behandel word.

Kom ek stel dit só, as die klomp wit mense wat vanoggend saam met my in die Hermanus-polisie-kantoor gewag het, enige aanduiding is van ons minagting en die neerbuigende manier waarop swart lede behandel word, kan ons maar net hoop dat ons nie wel in ’n stadium in die see ingejaag word nie. Dan wonder ek hoe dit in Ventersdorp gaan!

Daai smalende, selfingenome AfriForum-manne gee my so ’n kramp en doen op dié manier ook nie my saak goed nie.

Natúúrlik het hulle die volste reg om onreg aan die kaak te stel, maar ons wit mense se hoop in Suid-Afrika lê nie daarin om heeltyd “reg” te wees nie, want dan gaan ons nog baie Naas le Roux-gevegte wen en glo dat ons besig is om die oorlog te wen, wat nie so gaan gebeur nie.

Meer oor:  Afriforum  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.