Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Mooi rugby het niks met tradisie te doen

Oor die skrywe van Mike Peacock (09.08):

Ek verstaan baie duidelik dat die mense van die Paarl en omgewing, oudskoliere en/of ouers, die burgemeester en al die predikante, glo dat die kompetisie tussen die twee plaas­like hoërskole elke jaar die hoogtepunt van die gebeure in die Paarl is. Net so glo die bewoners van Heilbron, Steynsrus, Carolina, Bloemhof en Leandra dat iewers op die kalender dáárdie enkele, besondere wedstryd plaasvind wat die hele dorp laat stilstaan.

Dat die Paarl se stilstand strek van Tafelberg in die suide tot miskien Musina in die noorde en ook oorsee (volgens Kobus Wiese), betwyfel ek ook nie. Ons word dikwels daaraan herinner dat talle Springbokke deur dié skole se klaslokale is. Ek verstaan ook dat enige van die skole van die Paarl enige dag die George High School of Hoërskool Pacaltsdorp ’n loesing kan gee.

My siening oor die betrokke Saterdag se skolerugby was egter dat aantreklike rugby deur die twee swakker, kleiner, armer skole opgedis is. Aantreklik in dié sin dat hulle die spel só gespeel het dat enige liefhebber dit kon waardeer omdat alle aspekte van die spel op volle vaart ten toon gestel is.

Mooi rugby het niks te doen met die krag van die spanne of die tradisie oor die eeue heen nie – o.9’s kan ook mooi, aanskoulike rugby speel.

Oom kom weer kyk!

Meer oor:  My Stem  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.