Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Morele ekonomie nou ’n prioriteit

Pres. Cyril Ramaphosa het vandeesweek gesê: “Dit het nou tyd geword vir ’n nuwe morele ekonomie waarin die mense en hul welsyn die middelpunt is.”

Die Covid-19-pandemie het ’n mens intens bewus gemaak van die hartseer omstandighede waarin die grootste deel van ons bevolking probeer oorleef.

Beelde van armoede, verwaarlosing, onmenslike omstandighede, verslaentheid en hartseer is oral.

Sommige spreek kritiek uit dat verarmdes hulle oënskynlik nie veel aan die inperkingsmaatreëls steur nie.

Ons vind dit uitdagend om binne te bly omring deur verskeie vertrekke, luukse goedere, soos ’n TV, rekenaars, slimfone, genoeg om te eet en selfs tuine om in te oefen. Daarvoor hoef ’n mens nie verskoning te vra nie, maar in vergelyking met die pynlike oorlewingsuitdagings van medeburgers is ’n bietjie meer begrip nodig.

Daar kan geen twyfel wees dat ’n morele ekonomie nou ’n prioriteit moet wees nie. Suid-Afrika sal sy mense wat agtergebly het, moet gaan haal. Dit is ons onbetaalde rekening.

Apartheid en die verontmensliking wat daarmee gepaardgegaan het, is medeverantwoordelik.

Net so die skreiende vermorsing en diefstal van bronne toe mense ná demokratisering opgetel moes word.

Dit is water onder deur die brug.

Nou moet ons fokus en doelgerig, opofferend, proaktief, omvattend en dapper wees. Bronne moet vloei na die agtergeblewenes en op so ’n wyse dat hulle nie net ontvangers bly nie, maar medeverantwoordelikheid aanvaar. ’n Holistiese benadering moet gevolg word.

Daar kan geen twyfel wees dat daar ’n morele verantwoordelikheid op die skouers van elke Suid-Afrikaner rus nie.

“You don’t live in a world all alone. Your brothers are here too.” – Albert Schweitzer

Die toekoms gaan ons oordeel.

Meer oor:  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.