Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Moutglasie op Fred Khumalo se taalvisie

By die lees van Fred Khumalo, rubriekskrywer, se Sowetan-stuk “We are shooting ourselves in the foot by dismissing our indigenous languages” in Volksblad se Ander Mening (28.02) wil ’n mens na aanleiding van die bekende whiskey-advertensie uitroep: ‘Gee vir die man ’n Bells’!

Vir ’n verandering hoor ons nie hoe rassisties Afrikaanssprekendes is wat aandring op Afrikaanse skole nie.

My whiskey-verwysing ten spyt bied Khumalo ’n heel sober perspektief op die Groter Taaldilemma in Suid-Afrikaanse onderwys. Dit is ’n mening wat baie nou aansluit by die departement van hoër onderwys en opleiding se hersiene konsepbeleid oor taalbeleid vir hoër onderwys van 23 Februarie 2018 wat nou oorweging geniet.

Die konsepbeleid gee ’n baie duidelike boodskap: Universiteite het nie prof. Kader Asmal, destydse ministers, se direktiewe omtrent taalbeleid van 2002 toegepas nie, en ook nie die pertinente opdragte van die ministeriële kommissie oor transformasie aan universiteite van 2008 uitgevoer nie.

Albei het vereis dat die Afrikatale ingefaseer en ontwikkel sal word as alternatiewe onderwystale. In stede daarvan het die Anglomane en diegene met skuldgevoelens aan veral die voormalige Afrikaanstalige universiteite hulle besig gehou met die verwydering van Afrikaans – terloops, deur ons onderwysdepartement erken as ook ’n Afrikataal.

Dit wys hoe ideologiese verblinding jou kan mislei om ’n situasie so totaal en al verkeerd te lees.

Dankie, Fred Khumalo, dat jy vir ons die vinger op die pols hou van wat werklik in die land aangaan. Ons klink graag ’n moutglasie op jou!

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.