Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
MRK doodstil oor dié vergrype

Die klaagliedere van André Gaum (15.06) na aanleiding van die hoofartikel van Die Burger van 9 Junie 2020 verwys.

Dit is nie duidelik of hy namens homself of namens die Menseregtekommissie skryf nie. Hoe ook, sy skrywe getuig van onkunde van wat die ingeligte man in die straat van die MRK dink.

Ongelukkig word hoofstuk 9-instellings in Suid-Afrika se prestasie gemeet aan die dinamika van die persoon in beheer daarvan. Só kan almal getuig van die groot welslae wat die openbare oeskermer gehad het tydens die tydperk wat prof. Thuli Madonsela dié pos beklee het. Die geskiedenis wys wat die welslae van hierdie instelling onder die nuwe hoof is.

Wat die MRK betref, het hy nog nooit werklik gepresteer nie. Die grootste sondaar van menseregtevergrype in hierdie land is die staat. Die MRK pak die staat se vergrype aan met handskoene; die staat word soms net liggies op die vingers getik. Maar waar daar ’n vergryp deur een spesifieke ras op ’n ander ras is, dan is die MRK voor in die koor om die dader aan die pen te laat ry.

Ongelukkig geld dit net een spesifieke ras teenoor ’n ander. Die omgekeerde is nooit waar nie.

’n Mens kan maar net kyk na die wreedaardige moorde in plaasaanvalle. Die MRK is doodstil oor hierdie vergrype, wat niks anders as skreiende menseregtevergrype is nie gegewe die wreedheid wat daarmee gepaardgaan. Die MRK maak dit net af as ’n gewone misdaad. Hoekom die verskil in benadering?

Vir mnr. Gaum het ek goeie raad: Kom ’n bietjie af aarde toe en luister wat die ingeligte mense dink en sê.

Meer oor:  Menseregtekommissie  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.