Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
MRK moet nou end kry met Eben Etzebeth

Kan die Menseregtekommissie (MRK) nie asseblief nou die belaglikheid rondom Eben Etzebeth beëindig nie?

Dit gee ’n wrang smaak aan die Bok-sege en die jubelkrete van Suid-Afrikaners van alle rasse (behalwe sommige in­woners van Langebaan).

Het die MRK se Buang Jones al leuenverklikkertoetse vir die betrokkenes oorweeg om agter die waarheid te kom, of wil hy nie weet wat dit is nie?

Ek glo swart en bruin spanmaats sal kan getuig oor die karakter van Etzebeth. En ek wonder hoe som pres. Cyril Rama-phosa hom op noudat hulle ontmoet het. Dit verskil heel waarskynlik nie van die siening van Etzebeth se spanmaats nie.

Dalk moet Jones met die president gesels oor of hierdie vendetta nie beëindig moet word nie.

Meer oor:  Eben Etzebeth  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.