Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
MRK se onderrok hang ver uit

Dit is nou al baie jare wat ek die uitsprake, optredes en beslissings van die Menseregtekommissie (MRK) bevraagteken.

Al hoe meer word ek oortuig deur hul optrede dat hulle voorkeur aan sekere rasse in Suid-Afrika gee en nie oor die hele rassespektrum tot voordeel van almal optree nie.

Van die wit rugbyspeler wat baie jare gelede op Rawsonville doodgeskop is, tot en met die Eben Etzebeth-geval is hulle blitsvinnig om wit oortreders te vervolg en baie stadig en bang om gekleurde oortreders te ondersoek.

Nou, ten opsigte van die skolekwessie, hang die MRK se onderrok weer baie ver uit.

My waarneming: Sekere suksesvolle skole wat baie goed bestuur word, werk die laaste paar weke hul alies af om alle wette en regulasies (soos in die Staatskoerant afgekondig) betyds na te kom sodat hul leerlinge kan begin leer en nie dalk ’n jaar verloor nie.

Terselfdertyd haal ’n persentasie skole nie die paal nie. Hoekom wil ek nie eens vra nie, want dalk gee ek aanstoot as ek sê hulle werk nie so hard soos die suksesvolles nie.

Wat stel ons MRK, wat na almal se regte moet omsien, voor?

Die suksesvolles mag nou ook nie open nie! Bevorder die kommissie nou die regte van die skole wat gereed is? Of word hulle nou benadeel?

Wat sou ’n regverdige en intelligente regering gedoen het? Klop die suksesvolle een op die skouer, laat hom voortgaan en ondersteun die minder suksesvolle skool, of hoe? Dan kan die regering ook meer ondersteuning bied aan die een wat dit nodig het.

Weer eens versterk die MRK my vermoede met mal dreigemente (02.06) dat hy liewer die suksesvolle skole se regte wil inperk en hulle toemaak, eerder as wat hy die onsuksesvolles wil ophelp.

Mooi so, Debbie Shäfer, dat julle besluit het die Wes-Kaap laat hom nie verder aftrek deur die mislukking van die res van Suid-Afrika nie. Ons as ouers ondersteun julle 100% en die MRK is maar net nog ’n ANC-frontorganisasie.

Meer oor:  Menseregtekommissie  |  Ras  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.