Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Musiek gaan nie in SA help

Ek lees dat Londen se vervoerowerhede klassieke musiek by stasies laat speel het om die misdaadsyfer te probeer verminder en binne 18 maande het diefstal met ’n derde gedaal en aanvalle op personeel met ’n kwart.

Suid-Afrika, die wêreldrekordhouer van moorde en wreedaardige aanvalle tydens diefstalpogings, sal dit nie kan doen nie. Die klankversterkers en ander toerusting sal vinnig verdwyn.

Ons ontsettende hoë diefstal­syfers kan tot ’n mate verstaan word, want werkloosheid en uiterste armoede kan daarvoor geblameer word. Maar die daaglikse wrede, sinnelose moorde gaan my verstand te bowe.

Weerlose mense wat geen bedreiging vir aanvallers inhou nie word koelbloedig doodgeskiet of met voorwerpe gekap, gesteek en vermink en dikwels nog verkrag ook.

Ek dink nie daar is verskonings vir die soort optrede nie. Die mense is gevoellose psigopate sonder waardes wat nie gerehabiliteer kan word nie en hulle moet op ’n menslike wyse uit die weg geruim word.

Die doodstraf sal die moordsyfer drasties laat daal soos die klassieke musiek diefstal laat daal het in Londen.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Klassieke Musiek  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.