Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
My simpatie is met deesdae se werkgewers

Wat ’n heerlike skryfstuk deur Blouwillem (03.06).

Die ironiese waarheid daarin het my laat wonder wat geword het van die dae toe ons nog van donker tot donker moes werk terwyl ons dieselfde stresvlakke van vandag moes verwerk, kinders moes grootmaak, begrotings laat klop het en tyd gemaak het vir kerk en vaderland.

As ek sien hoe dit by sommige staatsinstellings gaan, kry ek die indruk dis eintlik die kliënte wat aan stres behoort te ly.

Wat is “uitgebrand”? En wat van mense wat juis op stres floreer? Is ’n persoon wat ’n swak dag op kantoor gehad het noodwendig uitgebrand?

Ek het simpatie met die werker wat voel of die wêreld in duie gaan stort, maar ek het meer simpatie met werkgewers wat in die huidige ekonomie en arbeidswette en menseregte-regulasies genoeg rede het om te voel asof alles net te veel word.

Meer oor:  Blou Willem  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.