Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
My Stem en SMS'e
Een van die eerste foto’s wat van Sylvester in 2016 geneem is toe hy by sy nuwe tuiste in die Kuzuko Lodge-wildreservaat wakker word. Foto: Argief

As ek nou ’n skrywer was, sou ek die mooiste kinderboekverhaal geskryf het oor Sylvester en Angel en hul twee welpies. Mag hulle ’n “happily ever after”-lewe hê. Hulle is te pragtig. – Rita, Dorandia

Geluk met die kroos, Sylvester en Angel. Boere wat vroue soek: Dis hoe dit gedoen word.  – Sparky, Vanderbijlpark

Wil net vir Rassie Erasmus sê dat as hy dink dat hy klaar is met sy legkaart se meet en pas, dan wag daar vir hom ’n hengse verrassing. Daar kom ’n paar legkaartstukkies kort en dan is daar ’n paar stukkies wat glad nie gaan inpas nie. Kry eers die regte stukkies om by die legkaart te pas en moenie meet en pas om Saru en ’n sekere politieke party tevrede te stel nie.  – Wally, Klerksdorp

Ons moenie opgee op ons Springbokke nie. Tyd heel alles.  – Sue, Krugersdorp

Rassie se besluit om sekere jong spelers een toets te laat speel en dan van hulle te vergeet, beteken dat daardie spelers die kans ontsê word om vir ander lande te kan speel. – Otto

Rassie sê die All Blacks sal die vlak van Springbok-rugby bepaal. Het swakker spanne (Argentinië en Australië) dit dan nie onlangs gedoen nie? – Goggie

Foto ter illustrasie. Foto: Argief

Moord op onderwyser by skool: Daar is soveel geweld, anargie en gebrek aan dissipline by skole weens al die regte van leerlinge en geen regte vir onderwysers nie. Hier kom groot probleme!  – Ben, Witfield

Dit is verstommend dat die onderwysdepartement geskok is oor die geweld by skole. Is dit nie die departement self wat bepaal het dat kinders al die regte het en dat hulle nie gestraf mag word nie? Wat jy saai sal jy maai.  – Leser, Gauteng

Het die misdaaddeskundiges (daar is dosyne van hulle aan ons universiteite en ander plekke) ooit enige inspraak by die owerhede? Dit help bokkerol as hulle in koerante skryf en lesings gee! En dit geld alle afdelings van die volkshuishouding. Ons regering het opregte raad bitter nodig. – Kobus, Middelburg

Nuwe beskrywing vir die woord inkomstebelasting: Zuma-hulpfonds. – Bez

Hoe nou, Jacob Zuma? Eergister sê jy “waar is staatskaping?” en giggel “he, he he”, en gister sê jy jy sal saamwerk om dit te ondersoek. – J v Zijl

Ontbind die Valke en bring die Skerpioene terug. Korruptes in die private sektor en staatsdepartemente sal vinnig in hul spore gestuit word. – AIN

Is Discovery Health se boekhouding op peil? Dié mediese fonds behoort voorsiening te maak vir moontlike stygings en onverwagte uitgawes. Lede word uitgebuit.  – Danie A

Siekefondse kan ons maar wurg, want ons is reeds doodgewurg en kan niks meer voel nie. – Isabel

Adj.pres. David Mabuza se “ont-eiening met vriendelikheid”: Dit bly steeds diefstal.  – Klippie van De Wildt

Om te bepaal watter stad se mense die luiste is, moet die getal wat oefen as persentasie van die totale getal bewoners uitgedruk word. – Johan, Letsitele

Watter land in die wêreld sal ’n land met soveel moord en misdaad wil hê? China. – Stel

Ek het Beeld vanoggend gelees, tot my spyt. Kort en kragtig moet ek sê hier is geen hoop. Net ’n ashoop. – Johan, Pta

’n Os van 1 375 ton? Dít op die voorblad. Sal graag dié gesig wil sien! – Leon B, Roodepoort

Op die voorblad (14.09) word berig oor ’n os van 1 375 ton op skou in Parys. Wens ek kan eendag een van sy T-bene sien.  – Leser, Gauteng

Ons dink 7de Laan kort nuwe skrywers en ’n ander tydgleuf. Dis siek, en moet medisyne kry!  – Kykers, Secunda

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.