Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
My tee met Zille was toe ’n lokval

Max du Preez, Kaapstad, skryf: Rapport se Pollux-rubriek volg ’n lekker koeranttradisie: ’n politieke skinderrubriek met lisensie om soms klappe uit te deel en die spot te dryf. Ek kla dus nie dat Pollux my laasweek beledig het nie. Maar wat Pollux anders maak as Helen Zille se potgooi, is dat ek kan vra dat iets reggestel word terwyl daar niks is wat ek aan Zille se video kan doen nie.

Max du Preez en Helen Zille.

Ek het op 12 April 2016 in ’n rubriek in Die Burger en Beeld op ’n voorstel gereageer dat die parlement vir Jacob Zuma ’n gekwalifiseerde kwytskelling gee wat hom op Nkandla sou laat aftree sodat staatskaping gestuit kan word. Dit is “dalk ’n goeie begin” vir ’n “Zexit-strategie”, het ek geskryf. Ek het bygevoeg: “Ons moet Zuma se verskuilde dreigemente ernstig opneem dat sy tradisionele en buitestedelike volgelinge die land onregeerbaar gaan maak as hy sonder waardigheid uitgedwing word, maar ons kan ook nie toelaat dat hy en sy skaduagtige weldoeners skotvry en met ’n buit van miljarde wegkom nie.” (Dink net hoeveel beter ons daaraan toe sou gewees het as ons toe van hom ontslae geraak het?)

Ek het Zuma in 2014 ’n “one man wrecking ball” genoem, wat skerp reaksie van Luthuli-huis ontlok het. Die poging om my as ’n Zuma-apologeet voor te stel, is dus lagwekkend. Die beskuldiging dat ek wil hê wit mense se monde moet gesnoer word, is ewe absurd.

As “bewys” daarvan plaas Zille ’n skakel na ’n 2002-toespraak van my. Lees dit, en jy sal sien ek bepleit eintlik die teenoorgestelde (www.dct.co.za/max_preez.htm.) My “tee met Helen” was toe nie ’n gesprek nie, maar ’n goed beplande lokval, en dit is sonder my medewete agterna geredigeer.

Meer oor:  Max Du Preez  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.