Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
MyStem-wenner: Plaas jouself in huiswerker se skoene

Plaas jouself in jou huiswerker se skoene, skryf Athos Scholtz in sy MyStem-wenbydrae. Athos wen hiermee R1 000!

MyStem

Huiswerkers word nie genoeg betaal nie. Kom ons vra onsself die volgende: Wat as daardie huiswerker ek of jy was? Om so vroeg op te staan, ’n taxi te kry en dan boonop iemand anders se huis skoon te maak. En dikwels op geskree te word.

Ek verstaan dat dit iets is wat vir hulle ’n inkomste besorg, maar het julle ooit so daarna gekyk?

Huiswerkers is mense net soos ek en jy. Hulle het ook gesinne wat van hulle afhanklik is en op hulle staatmaak. Hulle het kinders wat op skool is, wat gevoed en geklee moet word. Hulle het ook rekeninge soos ek en jy.

Al wat hulle terugsit is hul omstandighede, maar baiemaal nie hul lewenslus en deursettingsvermoë nie.

Vra jouself af: Gaan jy al die gate met ’n skamele R3 000 per maand kan toestop? In die huidige ekonomiese klimaat?

Plaas jouself in haar skoene as jy so gelukkig is om ’n huiswerker te hê. Wees dankbaar vir die jare wat sy as jou huishoudster dien, as tweede ouer vir jou instaan en jou kinders leer en versorg, en betaal haar dienooreenkomstig.

* Stuur jou mening na MyStem@netwerk24.com en staan die kans om ook, soos Athos, R1 000 te wen! Lees hier meer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.